|
Welcome to all our Afrikaans speaking Pastors and friends from our homeland, South Africa. The Afrikaans language is our mother language and will allways be very dear to our hearts. This page will be dedicated to our Afrikaans speaking friends and we are so delighted to minister also to you in your and our mother language. We love you dearly for you are so precious to Him. Thanks to all our English speaking friends for allowing us to minister to our mother land and her people in one of the 11 official languages, called Afrikaans.
Ek wil graag namens Naomi en myself u almal hartlik verwelkom op die web tuiste van Goeie Nuus aan die Nasies asook die Koninkryk Alliansie. Dit is vir ons n wonderlike vooreg om so met u kontak te maak en wil hoop dat baie van u ons sal besoek in die toekoms op die blad. Ons wil u ook uitnooi om aan ons te skryf en voorstelle te maak van dit wat u behoefte mag wees. Registreer uself gerus om sodoende seker te maak u ontvang alle Internet korrespondensie in die toekoms.
Ons harte is steeds in Suid Afrika en ons sal dit altyd so hou. Ons beoog om in die toekoms weer meer dikwels in Suid Afrika te bedien en wil deur die webtuiste met u kontak behou. Dit is wonderlik om net weer in Afrikaans met u te kommunikeer. Mag die Here u bekragtig om sterk te staan in dit waartoe Hy u geroep het.
Ons beoog om in 2008 weer Suid Afrika te besoek en dit sal tydens Augustus en September maande wees. Hou gerus ons kalender dop vir meer inligting rakende die toer.
Ons glo ook dat ons baie van ons Suid Afrikaanse vriende gaan betrek in sending uitreikings saam met ons. Daar is vele wat ons aan u wil bied en kom ons word n groot Koninkryks familie wat Christus verhoog.
Ons is daagliks in kontak met Suid Afrika en dra u in ons gebede. Dankie vir talle van u wat kontak behou het deur die eerste 6 jaar waarin ons geboorte moes kom gee aan n nuwe fase van bediening wat nou uitreik na die nasies. Dit is die dag van die Here waarin Hy talle vanuit die suidpunt van Afrika gaan opwek vir Sy Koninkryk na die nasies.
Net voor die dood van n legende in God's koninkryk by name van Smith Wigglesworth, het hy hierdie visie met nog n Koninkryks legende naamlik Lester Summerol gedeel. In die eindtyd voor n geweldige oes van siele gein sal word gaan die Here talle Godsmanne en vroue opwek vanuit Suid Afrika wat regoor die hele wereld sal beweeg om Jesus aan te kondig as Heer en Meester. Hierdie was n teken wat God aan Smith Wigglesworth gegee het om aan die komende geslagte te gee. Dit was n baie bekende persoon in God's Koninkryk hier in die VSA wat die brokkie inligting met my gedeel het aangesien hy n vriend van Lester Summerol was.
Die dag, gaan nou in vervulling. Suid Afrikaners word opgerig deur die Here en is besig om Sy Woord letterlik wereld wyd te verkondig. Ons bid saam met u dat ook u, u plekkie sal vind in dit wat so belangrik is in Sy oe.
U is kosbaar, spesiaal geskape vir die dag en uur. Ons bid nou dat u n vars openbaring sal ontvang van die Here vir wat op u wag.
Ek seen u met my mond, spreek lewe uit oor u en sien uit om binnekort van u te hoor. Kom bou saam met ons aan die Koninkryks muur en maak so n verskil wat tel.
Die nasies roep !
Andre van Zyl.
|